Holoseen

Era Periode Epog Tyd gelede 
(in miljoen jaar)
Kainosoïkum Kwartêr Holoseen 0 - 0,0117
Pleistoseen 0,0117 - 2,588
Neogeen Plioseen 2,588 - 5,333
Mioseen 5,333 - 23,03
Paleogeen Oligoseen 23,03 - 33,9
Eoseen 33,9 - 56,0
Paleoseen 56,0 - 65,5
Mesosoïkum Kryt Laat ouer

Die Holoseen is 'n tydperk in die geologiese tydskaal tussen 11 700 jaar gelede tot nou toe. Die Holoseen volg op die Pleistoseen.

Die holoseen is die tydperk sedert die laaste ystyd, of eintlik die huidige interglasiale tyd. Dit word soms ook die antroposeen genoem omrede dit die tydperk is waarin die mens begin het om sy omgewing te verander.[1] Hierdie term kan egter misleidend wees; moderne mense was reeds teenwoordig lank voor hierdie tydvak begin het. Die Holoseen-tydperk het 12 000 tot 11 500 jaar gelede begin aan die einde van die Laat Pleistoseen. [2] Die val saam met die einde van die Jonger Dryas, die laaste koue tydperk en die Mesolitikum en duur voort tot vandag toe.

Toe die aarde 'n verwarmingstendens ondergaan het, het veral in Europa en Noord-Amerika die gletsers teruggetrek. Toendra het plek gemaak vir bos. Soos die klimaat verander het, het die baie groot soogdiere, soos mammoet en wollerige renosters, wat by uiterste koue aangepas het in die Kwartêre Uitwissing uitgesterf. Mense, wat eens afhanklik was van hierdie "megafauna" van groot soogdiere vir baie van hul kos, het na kleiner wild oorgeskakel en hul versameling van plantmateriaal verhoog om hul dieet aan te vul.[2]

  1. "The Holocene Epoch. Berkeley U." (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020.
  2. 2,0 2,1 Mary Bagley (2013). "Holocene Epoch: The Age of Man". Live Science.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search